Wednesday, November 19, 2008

Zille se plan






Antie Zille het 'n plan gekry. Eintlik het sy hom gesteel. Sien, toe Antie Zille nog 'n nig Zille was, dit is nou voor sy 'n swart serp gekry het teen die koue van isolasie, was sy ook in die skool. Dit was 'n "slegs wit" skool. Antie Zille, toe nog nig Zille, het nie baie gehou van haar "slegs wit" skool nie en daar het sy alles gedoen wat teen die reels was. Seker ook afgekyk.






Dit is iets wat sy nou dat sy 'n Antie is, blykbaar steeds goed doen. Eers wou sy soos die ANC wees, maar toe dit nie werk nie, het sy 'n nuwe plan gekry.






Antie Zille het verseker 'n TV en op daardie TV het sy 'n kleurling gesien wat in 'n witland, die president geword het. Dit is iets wat Antie Zille ook wil wees. Sy het dadelik besluit dat as hy dit kan doen, dan kan sy dit ook doen.






Sy het dus begin om eerder soos hy (Obama) te wees, as soos die ANC. Want die ANC weet self nie meer wie hy is nie. Dit is seker moeilik om te "cope"...






Antie Zille doen nou alles wat Obama gedoen het. Sy het sommer haar partytjie se prentjie ook verander.
Iets wat meer lyk soos Obama sin.
Willie het ook gehoor dat Obama die Withuis gaan verf. Dit gaan blykbaar iets soos die volgende lyk. Want swart is die nuwe wit.

Dit het Antie Zille seker vergeet. Sy sal maar moet wag totdat wit weer die nuwe swart is. Want al dra 'n Antie 'n swartserp, sy bly steeds 'n wit-antie.

Groetnis,

Willie Weetals

1 comment:

Bravolander said...

Bravo!!!

Antie Zille moet ophou probeer iets van alles wees, want op die ou end is sy dalk alles van niks.