Thursday, November 20, 2008

Speel die bal, nie die bok nie!


Kyk, Willie is nie 'n lidmaat van die Springbokkerk nie. Willie is nie eens 'n sportgelowige nie, maar Willie weet wat die ANC nou doen, is nie reg nie. Want Willie Weetals.

In rugby is daar die cliche wat lui "speel die bal, nie die man nie", maar die ANC is verhewe bo enige reels, wette of selfs geloof. Veral sportgeloof.

Die ANC is ook bekend daarvoor dat hulle tipies van terrorsite, altyd die swakkeres aanval. Met die bomme wat hulle in hulle sogenaamde "struggle" jare geplant het was dit ook die geval.

Vandag is daar 'n bok in hulle visier. 'n Springbok. Hierdie bok is die heiligekoei van menige Afrikaners. Ek vermoed egter die Springbok is 'n ram.

Daar word vertel dat sommige Afrikanermans liewer is vir die Springbok as vir sy eie vrou. (Sommiges is selfs liewer vir die Kangaroo as sy eie vrou, maar dit is 'n ander storie wat te doen het met die vrou en nie die Kangaroo nie....)

Terug by die Springbok. Met 'n hoofletter S, want dit is 'n heilige Springbok. Die Springbok moes die laaste paar weke baie deurloop. Eers wou iemand op hom braak. Toe wou Baasnaas Botha hom vrek skiet. En nou moet hy skuif. Na regs blykbaar. Dit is nou volgens die ANC.

Nou dit is welbekend dat die ANC rugby en veral die Springbok verpolitiseer het. Sou dit dalk wees hoekom hulle die Springbok as regs wil voorhou? Sal die Springbok nou on-liberaal voorkom as hy links op die bors sit?
Of miskien sal hy beter raak gebraak word as hy regs is? Die ANC en sy vrinne sal tog nie op die linkerkant braak nie, of hoe?

Willie wonder ook wanneer het die ANC begin rugby speel. Sien, Cedric Frolick van die ANC noem rugby nou 'n misdadigersport. Frolick is 'n man wat self verlede jaar November gearesteer is vir dronk bestuur en oor die res van die ANC se misdaad rekort laat hierdie blog nie genoeg spasie nie.

Frolick en sy comrades het egter nou 'n perd (of is dit 'n bok) opgesaal wat hulle nie kan ry nie. Want al het die Afrikaner toegelaat dat die ANC maak met hom wat die ANC wil, sal die Afrikaner nie toelaat dat sy heilige Springbok geskiet word nie. Nooit nie.

3 comments:

Bravolander said...

LMGA! Sal graag die storie oor die Kangaroo wil hoor...

Willie Weetals said...

Bravolander,

Die storie loop so: Die rugby verslaafde loop in die huis rond; "John Smith - die Springbok!!" Toe hy later in sy slaap begin "SPringbok, SPRINGBOK!!" ruk sy vrou hom wakker en reken; "JY het die springbok meer lief as vir my!!"

Die knaap antwoord toe: " Ek het die Wallabies meer lief as vir jou!!"

Bravolander said...

Dankie Willie,

Dit is nie eintlik 'n mooi grappie nie, maar dit is seker waar in sommige Suid-Afrikaanse huise.