Wednesday, November 26, 2008

Die singende koei.

Die sanger Gerrie Pretorius gaan sy naam verander. Gerrrie Tshwane sal hy nou heet. Dit volg na die regering te kenne gegee het dat die naam Pretorius aanstoot gee en hulle Pretorius straat in Pretoria se naam gaan verander.

Gerrie doen dit uit protes teen die naamsveranderinge.

Dit is 'n mooi gebaar van Gerrie, dat hy nou sou brei-stem ook dik maak teen die sinnelose naamsveranderinge. Gerrie het egter nie aan die gevolge hiervan gedink nie. Sien, Gerrie tree gereeld op by liberale feeste soos die Huisgenoot kotsspel". Tot so jaar of wat gelede het Steve Hofmeyr ook by die nasieboufees opgetree. Dit was totdat hy sy stem te dik gemaak het oor naamsveranderinge en ander bisarre optredes van die ANC. Nou is Steve nie meer welkom by die broeders se feeste nie.

Nou sal die nuwe ruiter van die windjie seker ook op sy windjie moet spring en elders 'n heenkome moet vind. Sal hy welkom wees by opregte volksfeeste met 'n van soos Tshwane?
Willie weet, want Willie Weetals.

Groetnis,

Willie Weetals

1 comment:

OMEGA said...

As die ANC se dat Pretorius n verleentheid is kan hulle maar my GLOCK kom suig.