Friday, November 21, 2008

Cope, klugspul van die ANC

Politiek is vuilspel. Nog meer so Afrika-politiek. Kyk maar net so bietjie noord van die grens. Robber Mugabe het die verkiesing verloor, maar met behulp van die ANC bly hy steeds aan bewind. Dit is dieselfde ANC wat soos 'n maer vark demokrasie gil as hy nie sy sin kry nie.

Suid-Afrika is op die vooraand van 'n verkiesing en uit die hangkas spring toe 'n nuwe party. Cope. As dit teen vanmiddag nog hulle naam gaan wees, want die partytjie se naam verander vinniger en meer gereeld as Jan Smuts lughawe.

Die media in Suid-Afrika word beheer deur die ANC. Nie die regering nie, die ANC. Tog laat hulle toe dat Cope daagliks in die nuus is. Willie vind dit vreemd, dat die ANC se grootste teenstaanders soveel dekking van die ANC beheerde media ontvang.

Ook is Lekota nie besig om stemme te werf in die ANC se steunbasis nie. Daarvoor maak hulle die verkeerde geluide. Dit is duidelik dat Cope poog om stemme te steel by die opposisie van die ANC. Vir die broeders in Stellenboch vertel Lekota dat die party gestig sal word op 16 Desember sodat die krag van 1838 saamgesnoer kan word. Ook reken Lekota dat affirmative action, swart ekonomiese bevoordeling en kwotasport verkeerd is. Dit klink nie vir Willie soos iets wat die lui swartman in SA wil hoor nie en dus sal hulle nie vir hom stem nie. Dit is eerder iets wat die witman wil hoor.

Gevolglik weet Willie dat Cope 'n front is van die ANC om die opposisie te verdeel. Want verdeel en heers is die oudste tegniek van terroriste. Na die verkiesing gaan die twee saamsmelt en so versker die ANC steeds 'n tweederde meerderheid.

Willie weet en nou weet jy ook.

Groetnis,

Willie Weetals

No comments: