Friday, December 12, 2008

Is dit dan 'n oorwinning?

As jy aan 'n wedloop deelneem en jy is die enigste een wat deelneem, kan jy dan loop en vertel jy was eerste?

Jy kan seker, maar sodra mense agterkom jy was die enigste een in die wedloop, gaan hulle verseker dink jy is bietjie vertraag.

Die DA loop nou en vertel hoe goed het hulle gevaar in die tussenverkiesing teen die ANC. Die ANC is so treurig dat hulle vergeet het om te registreer vir die verkiesing. Het die DA dan nou werklik gewen?

Beteken dit dat die DA slegs kan wen as die ANC nie deelneem nie? Siestog.

Wednesday, December 10, 2008

Willie trek sy neus op!



Willie is nou moeg vir skewe-Beeld se skewe-berigte. So onlangs as gister weer skryf die rassis Virginia Keppler 'n skewe-berig met die titel "regse kindersoldate".

Wat 'n klomp snert! Willie weet sy is 'n affirmative action aanstelling, maar wraggies, sy kan seker eers seker maak van die feite voor sy 'n berig skryf.
'n Ander joernalis het nou wel vandag 'n meer gebalanseerde berig geplaas, maar wraggies, die skade is mos nou reeds gedoen.

Willie weet die volk is nou gatvol om verkleineer te word deur skewe-Beeld se affirmative action joernaliste. Willie weet ook Beeld se uurglas loop nou uit. Want as die volk nie meer die koerant gaan koop nie, gaan die adverteerders ook nie meer daar adverteer nie en dan sal hulle toemaak.

Siestog, ek wonder of die Sowetan vir Peet Kruger en Timmie 'n werkie sal gee?

Tuesday, December 2, 2008

Keelvol landbouers









As jy in Suid-Afrika woon en jy is wit, dan is jy teen hierdie tyd redelik keelvol vir misdaad. Sekuriteitsmaatskappye is net daar om die versekeringsmaatskappye gelukkig te maak. Die polisie is net daar.....................................................................om salaris te trek (sjoe, ek moes nou oor daardie een dink)

As 'n boer vir die hoeveelste keer deurgeloop het onder misdadigers en niemand kan (sekuriteitsmaatskappye) of wil (polisie) hom help nie, dan is die gevolg soms dat die boer gekruide taal gebruik. Soms plaas hy selfs die gekruide taal op 'n bord vir die misdadigers om te sien. Soort van 'n laaste vriendelike waarskuwing om asb tog nou sy goed uit te los.