Tuesday, December 2, 2008

Keelvol landbouers









As jy in Suid-Afrika woon en jy is wit, dan is jy teen hierdie tyd redelik keelvol vir misdaad. Sekuriteitsmaatskappye is net daar om die versekeringsmaatskappye gelukkig te maak. Die polisie is net daar.....................................................................om salaris te trek (sjoe, ek moes nou oor daardie een dink)

As 'n boer vir die hoeveelste keer deurgeloop het onder misdadigers en niemand kan (sekuriteitsmaatskappye) of wil (polisie) hom help nie, dan is die gevolg soms dat die boer gekruide taal gebruik. Soms plaas hy selfs die gekruide taal op 'n bord vir die misdadigers om te sien. Soort van 'n laaste vriendelike waarskuwing om asb tog nou sy goed uit te los.

1 comment:

Bravolander said...

Ai Willie, ai ai ai... ;)