Friday, December 12, 2008

Is dit dan 'n oorwinning?

As jy aan 'n wedloop deelneem en jy is die enigste een wat deelneem, kan jy dan loop en vertel jy was eerste?

Jy kan seker, maar sodra mense agterkom jy was die enigste een in die wedloop, gaan hulle verseker dink jy is bietjie vertraag.

Die DA loop nou en vertel hoe goed het hulle gevaar in die tussenverkiesing teen die ANC. Die ANC is so treurig dat hulle vergeet het om te registreer vir die verkiesing. Het die DA dan nou werklik gewen?

Beteken dit dat die DA slegs kan wen as die ANC nie deelneem nie? Siestog.

No comments: