Friday, January 16, 2009

Die ANC


Willie lees vandag dat vervalste matriek sertifikate vir die 2008 eksamen reeds in omloop is. Dit terwyl die ware Jakob nog nie uit is nie. Beteken dit dat swendelaars meer effektief is as die terroriste bende wat tans die onderwysdepartement en die land beheer?

Dit beteken ook dat eerlike studente nie gaan werk kry nie, omdat hulle nog nie hulle matriek sertifikate ontvang het nie, maar swendelaars wat nie geslaag het nie, gaan wel, omdat hulle, hulle eie matriek sertifikate gemaak het. .....Huh?

Is dit die beter lewe vir almal wat die ANC beloof het? 'n Beter lewe vir alle swendelaars?

Nou moet Afrikaner kinders nie net met Affirmative action meeding nie, maar sommer ook met swendelaars wat nie matriek het nie, maar wel matriek sertifikate, terwyl die Afrikaner kinders wel matriek het, maar geen sertifikaat nie. ......HUH??

Is dit nou die Suid-Afrika waarop EF'WEE de Klerk so trots en tevrede is? Ek dink in elk geval sy Ma moes hom eerder O'Wee genoem het....

Terug by die ANC. Ek hoor ook dat hulle nou die wette gaan verander sodat Stortkop Zuma nie vervolg sal word nie. Die ANC moet maar pasop waarvoor hulle wens. Stortkop lyk soos 'n mannetjie wat maklik die nuwe Mugabe kan word. As hulle nou soveel moeite doen om hom in te stem, gaan hulle nooit van hom ontslae raak nie. Siestog.

Dit is ook nie meer so lekker by die ANsee nie. Die see is nou te ontstuimig en daar is net te veel dinge waarmee hulle nie meer kan Cope nie. Nou loop hulle in hulle honderde oor na COPE. Daar is selfs 'n paar bleeksiele wat nou oorloop na COPE. Politieke diere wat nie hondhaar kon afmaak in hulle eie patetiese politieke partye nie, maar nou hulle heil wil gaan soek by die ander ANC - COPE.

Moet ook nie verbaas wees as Thabo sy M'bedtjie, M'Tafeltjie en M'stoeljie vat en ook daar by COPE gaan plak nie. Daar is reeds 'n hele paar Lazy-boys so hy behoort tuis te voel.

Ten minste laat dit alles mens lekker lag, want as Willie nou moet eerlik wees, dan moet ek erken dat swart politiek, komies is. Daarsonder sou die Nuwe Suid-Afrika met sy moord, diefstal en onregte ondraaglik gewees het.

Maar elke grappie het 'n stokkie. Dit is tyd dat hierdie grappies ook nou op stokkies geplaas word en dat ons volk, met ons eie, vrye volkslewe aangaan. Tyd dat ons 'n volksverkiesing hou, leiers verkies en in vryheid gaan lewe!

No comments: