Thursday, January 29, 2009

Tas dagga jou brein aan?


'n Tyd terug was dit groot nuus dat Koos Kombuis bedank het as Afrikaner. Willie was dankbaar om te verneem van die bedanking, want wie wil tog 'n boom rokende, twak pratende, kan nie sing, sanger, as deel van jou volk hê? Die rede vir Koos se bedanking was maar duister, maar die lig het nou aan gegaan.

Sien, Kosie het in die NG-Kerk Pretoria-Oos verklaar dat hy graag 'n Jood wou word. (Mens moet seker eers bedank by die een volk voor jy by die ander aansluit). Hy het selfs aansoek gedoen om 'n Jood te word, maar toe hy hoor hy gaan besny word, het sy moed hom begewe.

Koos hoef egter nie so ver te gaan soos besnydenis nie. Sien, daar is reeds talle volksgenote wat ook graag Jode wil wees. By volksfeeste blaas hulle op ramshorings en loop rond met vlae wat met spykerskrif bekrap is. Dit is dalk net die plek waar Koos eintlik wil wees.

No comments: