Friday, November 28, 2008

Kersfees in die Nuwe Suid-Afrika


Weens die ekonomiese klimaat wat tans in die land heers, sal Kersvader nie die jaar geskenke bring nie.

Die regering het in elk geval gehoor dat Kersvader wit is en hom vervang met 'n affirmative action aanstelling. Sommer duisende van hulle. Hulle sal egter nie geskenke bring nie, maar geskenke neem. Dit is die nuwe affirmative shopping program van die regering.

Blankes is vermaan om dit nie te verwar met misdaad nie, want soos comrade Mbeki al in die verlede gesê het, misdaad in Suid-Afrika bestaan nie! Moet dus nie die polisie se tyd mors daarmee nie.

Blanke polisiebeamptes mag in elkgeval ook nie meer blanke lede van die publiek help nie, veral as daar swart lede van die publiek is wat gehelp wil word. Dit word nou beskou as rassisme. Veral in Nelspruit.

Eksdom het ook te kenne gegee dat hulle by die regering gaan aansoek doen om kersboom liggies onwettig te verklaar. Die krag wat daar vermors word, kon gebruik word om TV's en radios aan geskakel te hou wat die regerings propaganda boodskap kon versprei.

Laastens het die minister van vervoer, Mnr Pothole, motoriste gewaarsku om nie op die skouer van die pad te ry om slaggate te vermy nie. Dit kan die pad-oppervlakte van die skouer verweer wat slaggate kan veroorsaak. Dit sal groot skade vir die taksie industrie veroorsaak wat daardie deel van die pad gebruik.

Groetnis,

Willie Weetals

1 comment:

Bravolander said...

Wat is Willie se broer se naam? Walter miskien...?

http://uk.youtube.com/watch?v=_I226Sfgs0s

Terloops, Walter is die beste van almal... :)))