Wednesday, November 19, 2008

Die ANC se nuwe hofnar


Nadat Knoffelkoppie Manto in die pad gesteek is, is die amp van hofnar vakant binne die koningkryk van die ANC.


Daar is egter gereeld lede wat aanspraak maak op hierdie amp. Die nuutste aanspraakmaker is Balfour, die huidige Minister van korektiewe dienste. Sy nuutste grap, is om vir Clive Derby-lewis te se dat hy kan hel toe gaan. Willie weet dit is 'n siek grappie, want hoe kan die nar vir Clive se hy kan hel toe gaan terwyl die nar nie vir Clive wil vrylaat uit die tronk nie. Op die stadium kan Clive nerens heen gaan nie.
Willie dink dit sal dalk beter wees as Balfour eder die nuwe hofnar word, want van die regsprosedure van die ministerie waar hy tans is, weet die nar niks nie.
Die nar vergeet seker wat met die ander nar, knoffelkoppie gebeur het. Willie gaan nie eens die nar daarheen stuur nie, hy is besig om self daardie selfde pad te loop.
Groetnis,
Willie Weetals

No comments: