Sunday, October 19, 2008

Willie het nie geweet nie...

Willie staan in verwondering. Daar gebeur nog dinge wat Willie nie geweet het gaan gebeur nie. Soos Taboe wat 'n Tata bakkie gekry het om sy mbekie, mstoeltjie, mtafeltjie, sy stinkhout kabinet en sy "lazyboy" uit die huis met die R94 miljoen muur te verwyder. Willie weet dat iemand anders nou sy plek ingeneem het, maar Willie weet ook dat dit geen verandering gaan bring nie. Want die een is soos die ander.

Ook het Willie nie geweet die mense is so lief vir politiek nie. So lief dat daar talle nuwe-ou partye gestig word wat niks met die ou partye te doen het nie. En dit is net die wat lus het vir stem!
Daar is nuwe-nuwe partye wat gestig word, wat nie lus het vir stem nie, maar wat presies dieselfde lyk as die ander wat nie wil stem nie. Willie weet nou, maar Willie verstaan nie. Willie, willie verstaan nie, want as Willie verstaan gaan dit sy hoop op eenheid verbreuk.

Eenheid soos wat nou sigbaar is met die Oranje Sakekamers. Willie weet dit gaan werk. Willie weet dit gaan hoop gee. Willie verstaan ekonomie, want Willie weet alles.

Willie het sommer andele in die Bank Zonder Naam gekoop. Want Willie weet hier kom groot dinge. Terwyl die joodsebanke wankel, sal hierdie BZN staande bly, want hy is nie deel van die eenwereldekonomie nie. Nou weet julle ook, maar moenie vir almal vertel nie!

Groetnis,

Willie

2 comments:

Bravolander said...

Willie weet regtig als!!!

"Huwelik
'n Huwelik is 'n verhouding waar die een persoon altyd reg is en die ander een die man is."
:))))))))))))))

Willie Weetals said...

Willie weet.