Tuesday, February 19, 2008

Willie weet toe nie als nie...


Willie weet darem wanneer hy nie weet nie, of gedink het hy weet, maar toe moes uitvind dit wat hy gedink het hy weet, nie is wat hy moes weet nie. Willie weet, want Willie Weetals.... So was dit met Orania. Eintlik is dit nog steeds. Willie weet nie! Ten minste weet Willie as hy nie weet nie en maak nie soos sekere mense en maak of hy weet nie. Dit lyk my in elk geval dat niemand weet nie, alhoewel party maak of hulle weet. Al wat dié wat maak of hulle weet doen, is om die wat wonder deurmekaar te maak. Die wat maak of hulle weet, stem ook nie met mekaar saam nie en baklei lekker oor wie weet die beste. Dit is egter hulle probleem en hulle probleem los nie Willie se probleem op nie, dit maak dit net erger!! Willie is nie 'n boekhouer nie, maar Willie kan somme maak en die somme maak nie sin nie. 1991.....1994......17 jaar...18000 per jaar......2,5 miljoen........1 miljoen.....dit is al die nommers wat Willie moet maal en deel en optel en aftrek en iewers by 652 uit te kom. Willie het nou weer gaan kyk en die syfers is reg, die antwoord het Willie ook oor seker gemaak, dit is wragtig net 652....maar dit kan mos nie, Orania bestaan nou al iets soos 17 jaar, sedert 1992. In 1994 het die ANK die NSA oorgeneem en sedertdien het daar 18 000 mense per jaar gesterf. 'n Miljoen mense het die land verlaat en dit het tot gevolg dat slegs 2,5 miljoen Afrikaners oor is in die land.......en net 652 in Orania. Die veilige Orania wat nog geen misdaad gehad het in die laaste 17 jaar nie - nul, geen, niks! 652 Afrikaners wat geen kontak het met enige volksvreemdes nie, want daar is geen volksvreemdes nie! Orania waar dit volgens die Oraniërs klop disselboom gaan met hulle ekonomie, skole en boerderye, maar waar daar net 652 mense woon. Willie weet die antwoord lê iewers in die syfers, in die nommers. Iewers het Willie 'n syfer gemis..... Dan sak dit skielik op Willie neer soos die aandelebeurs wat in duie stort! 164 en 240 en nog erger 630!! Dit is die syfers wat die nommers af hou. Want sien, Orania is 164km van Kimberley en 240km van Bloemfontein en 630km van Johannesburg! Is Orania se goeie ligging, die rede dat Orania nie groei nie? Wie weet? Wat Willie wel weet, is dat Orania baie werk het as hulle 'n sukses wil maak. Hulle sukses word gemeet aan die syfers en 652 in 17 jaar is nie genoeg nie....

No comments: