Thursday, February 19, 2009

SA politiek is kommen

As ons nou eerlik moet wees, is van die vermaaklikste goed in die lewe redelik kommen. SA politiek val ook in hierdie kategorie. Dit is egter nie die inhoud van SA politiek wat kommen is nie, maar die karakters in SA politiek.

Stortkop Zuma stel natuurlik 'n goeie voorbeeld. 'n Voorbeeld wat Mal Ema van die ANC jeug liga nie skaam is om te volg nie. Maar hy is mos van die jeug liga, daarom mag hy soos 'n kind optree. Kinderagtig en kommen.

Charl Niehaus het 'n ander verskoning wat hy gebruik. Apartheid. Maar ek glo nie eens hy glo daardie een nie. Hy is ook maar stadig. Dit het hom lank gevat om daardie verskoning te gebruik, gewoonlik is dit die eerste ding wat sy terroriste maatjies skree as hulle uit gevang word. Siestog, dit is seker ook hoekom hy nie sy doktor's graad gekry het nie. Hy is bietjie stadig. Nou gaan die drommel nog verander van Niehaus na Niehuis. Ja, hy gaan Charl anderkant uit stap.

Die opposisie is ook nie veel beter nie. Sal iemand asb vir Antie Zille vertel dit is vreeslik kommen om op die verhoog te staan en toi-toi. Opgevoede beskaafde mense doen dit bloot nie. Veral nie as jy wil hê ander opgevoede beskaafde mense moet jou ernstig opneem nie. Maar ek dink sy het dit agter gekom. Nou het sy iemand wat nog meer kommen is as sy aangestel. Ja, Mnr Kommen homself. Sê wie?? Watter sadistiese ouer sal sy kind Niekie noem? Watter volwasse mens wat ernstig opgeneem wil word sal homself Niekie noem? Seker net Antie Zille se hofnar. Sê wie? Sê Willie!!

Daar is ook nou weer 'n verkiesing op hande. Nou mag die leser dalk wonder hoe kommen moet die mense wees wat vir die kommen klomp stem. Willie weet, want Willie Weetals.

Willie gaan nou maar die springmielies solank spring, want die narre gaan nou vreeslike aapstreke uithaal om in die kollig te kom. Die een wat die kommenste is, gaan verseker wen.

1 comment:

Anonymous said...

ha, I will experiment my thought, your post bring me some good ideas, it’s truly amazing, thanks.

cialis online