Sunday, April 19, 2009

Die waarheid oor 2009 verkiesing

Suid-Afrikaners moet maar hoop dat Zuma se stort nie suksesvol was nie, want die enigste manier wat hy uit die amp van President van SA sal verlaat, is wanneer hy dood is. Ja, SA het nou soos die res van Afrika ook 'n diktator vir President. Net soos Robber Moeg-apie en Idi (vidi vici) Amen sal hy nou lewenslank regeer.

Wie moet ons bendank? (Nee, nie Boland bank nie, hulle is lankal dood) Antie Zille, wie anders?
Sien, Antie Zille was 'n lid van blacksash in haar jonger dae. Sy het haar beywer vir die daarstel van 'n swart regering in Suid-Afrika. Snaaks dat sy nou reken die swart ANC kan nie die land regeer nie en dat haar Joodse party dit beter sal doen........

Die verskil tussen 'n klein hondjie en 'n leberalis is, 'n klein hondjie se ogies gaan op 'n stadium oop. 'n Liberalis sin gaan nooit oop nie.

Antie Zille reken ook alles wat Jakob kan doen, kan sy beter doen. Ek hoor sy dans die land nou aan die brand. Kyknet, "die laaste wals" voor die verkiesing??
Sy gesels en braai nie net met die Afrikaners nie, sy steel hulle sommer so van die draadloos af. SEG WIE??

Die 22ste is alles verby. Dan is ons moeilikheid vir die volgende vyf jaar gebak. Dan begin die soustrein weer van voor af........siestog, arme ons!

No comments: