Sunday, December 2, 2007

Sal die laaste een wat loop asb die ligte afskakel?



Willie sal graag wil weet (al is hy Weetals) wat gaan aan by Media24. Sien, die laaste paar weke het daar snaakse selfs skokkende dinge gebeur by Media24. Dit het alles begin met die sirkulasie syfers wat "gekook" is (met sulke goeie kookwerk moet hulle dalk daaraan dink om huishoudkunde boeke uit te gee), natuurlik is dit afgemaak as 'n onskuldige fout, maar Willie Weetals en Willie kon hulle seker die voordeel van die twyfel gee as dit nie was vir 'n paar desperate dinge wat gebeur het nie.
Die aanstelling en trekpas wat Deon Maas gekry het is maar een hiervan. Rapport moes tog geweet het en het dit tien teen een gedoen juis oor die kontroversie wat die man gaan veroorsaak. Kontroversie verkoop koerante. Toe daar egter gedreig is om die koerant te boikot, toe word daar skielik aangekondig dat hy in die pad gesteek word. Tog is hy steeds by die groep, die keer net by Sondag, nog 'n publiekasie van Media24. Willie vermoed in elk geval dat Sondag gestig is om die Volk weer lus te maak vir koerant lees op Sondag en die hoop was seker dat die Volk dan eerder Rapport sal koop as Sondag.

Willie wonder ook of Rapport bang is dat die Volk eerder Sondag kerk toe gaan as om koerant te lees, die dat Rapport en Beeld nou die Christelike geloof aanval. Willie wonder maar Willie Weetals.

Nou word selfs die buitelewe joernalis Dana Snyman (die uwe, Pottie Potgieter) ingespan om kontroversie te ontlok in 'n artikel waar hy die spot dryf met Die Onse Vader. Dit word natuurlik gedoen onder die dekmantel van "vryheid van spraak" maar mens wonder tog hoe hulle met hulle gewetens saam leef. ‘n Mens wonder, maar Willie Weetals.

Asof dit nie erg genoeg is nie, word die feminus en Volkshater Christi van der Westhuizen, outeur van die boek "White Power & the Rise and Fall of the National Party" in gespan in Beeld om die Afrikaner te verneder en van rassisme aan te kla omdat hulle durf waag het om te kla oor Maas se artikels. Ook bly die Christelike geloof nie ongeskonde nie, sy vertel met smaak dat dit 'n verskoning is om rassisties te wees. Willie wonder of sy saam met Koos Kombuis bedank het as Afrikaner, as sy het, kan die Afrikaners haar seker aan klae van rassisme. Dit is mos net swart mense wat nie rassiste kan wees nie, ‘n eks-Afrikaner kan dan mos van haatspraak aangeklae word. Sien, Willie Weetals.

Willie probeer hard om die feit te vergeet dat die groep so diep ingekruip is by die ANK dat dit nou al gewoonte geword het om die Afrikaner op enige denkbare manier te verkleineer nie, Willie probeer, maar ongelukkig Willie Weetals! Die Pretoria uitgawe van Beeld is ook nie Pretoria-Beeld nie, maar Tshwane-Beeld, dit terwyl die Afrikaner eindelose gevegte het vir die behoud van Pretoria se naam. Is dit dan verbasend dat hulle sirkulasie syfers val? Nie vir Willie nie, Willie Weetals!!

Desperate mense doen desperate dinge, maar beteken dit dat 'n mens moet dom dinge doen? Hoe kan 'n Afrikaanse koerant groep daarop uitgaan om hulle grootste ondersteuners basis, die Afrikaners, te vervreem? Selfs Willie verstaan dit nie.

Daar is soveel positiewe dinge wat gebeur in Afrikaner geledere, maar daarvan lees mens nooit in die groep se koerante nie. Al wanneer hulle enige iets skryf oor CVO skole of Radio Pretoria is wanneer dit negatief is. Oor Geloftefeeste swyg hulle ook asof daar nie so iets is nie. Die beste van alles was die optog na die ANCBC, wat reg voor hulle kantore verby is en waaroor daar ook niks gese is nie. As hulle nie weet van die dinge nie, moet hulle net vra, Willie Weetals.

Die uurglas is besig om leeg te loop vir die groep, maar hulle sal seker wakker skrik wanneer dit te laat is.Krag is skaars in Afrika dus hoop Willie hulle onthou hierdie boodskap: "Sal die laaste een wat Media24 verlaat asb die ligte afskakel?"


Groetnis,

Willie Weetals.

No comments: