Thursday, February 19, 2009

SA politiek is kommen

As ons nou eerlik moet wees, is van die vermaaklikste goed in die lewe redelik kommen. SA politiek val ook in hierdie kategorie. Dit is egter nie die inhoud van SA politiek wat kommen is nie, maar die karakters in SA politiek.

Stortkop Zuma stel natuurlik 'n goeie voorbeeld. 'n Voorbeeld wat Mal Ema van die ANC jeug liga nie skaam is om te volg nie. Maar hy is mos van die jeug liga, daarom mag hy soos 'n kind optree. Kinderagtig en kommen.

Charl Niehaus het 'n ander verskoning wat hy gebruik. Apartheid. Maar ek glo nie eens hy glo daardie een nie. Hy is ook maar stadig. Dit het hom lank gevat om daardie verskoning te gebruik, gewoonlik is dit die eerste ding wat sy terroriste maatjies skree as hulle uit gevang word. Siestog, dit is seker ook hoekom hy nie sy doktor's graad gekry het nie. Hy is bietjie stadig. Nou gaan die drommel nog verander van Niehaus na Niehuis. Ja, hy gaan Charl anderkant uit stap.

Die opposisie is ook nie veel beter nie. Sal iemand asb vir Antie Zille vertel dit is vreeslik kommen om op die verhoog te staan en toi-toi. Opgevoede beskaafde mense doen dit bloot nie. Veral nie as jy wil hê ander opgevoede beskaafde mense moet jou ernstig opneem nie. Maar ek dink sy het dit agter gekom. Nou het sy iemand wat nog meer kommen is as sy aangestel. Ja, Mnr Kommen homself. Sê wie?? Watter sadistiese ouer sal sy kind Niekie noem? Watter volwasse mens wat ernstig opgeneem wil word sal homself Niekie noem? Seker net Antie Zille se hofnar. Sê wie? Sê Willie!!

Daar is ook nou weer 'n verkiesing op hande. Nou mag die leser dalk wonder hoe kommen moet die mense wees wat vir die kommen klomp stem. Willie weet, want Willie Weetals.

Willie gaan nou maar die springmielies solank spring, want die narre gaan nou vreeslike aapstreke uithaal om in die kollig te kom. Die een wat die kommenste is, gaan verseker wen.

Monday, February 9, 2009

Iemand lieg vir my!

Wat is die populasie van Suid-Afrika? Die werklike syfer? Amptelik word die syfer gereken op 47 miljoen. Dit is na aanleiding van 'n sensus. Of so vertel hulle.

Die vraag is natuurlik of die die miljoene Zimbabwiërs, Mosambiekers, Nigeriërs, Malawiërs ens, ens ingereken is by die getal. Natuurlik nie. Sien, daar word gereken dat die Zimmies al reeds meer as 10 miljoen tel hier in SA.

Daar is 'n ander som wat ook nie sin maak nie. Die ANC regime reken dat hulle al 10 miljoen gratis huise vir hulle stemvee gebou het. (Dit is natuurlik met die witman se belastinggeld gedoen). Verder vertel hulle ook dat hulle nog nie naastenby genoeg huise gebou het nie en nou moet spoed vang.

As daar in ag geneem word dat daar 'n gemiddeld van vier mense per gratis huis woon, dan beteken dit 40 miljoen mense. Dit is net in die gratis huise. Wat nou van al die miljoene wat in plakkers huise woon? Wat van die 10 miljoen huise wat die "wrede" wit regering vir hulle gebou het?

As mens al die getalle bymekaar tel, kom mens iewers oor die 100 miljoen uit. Tog is die amptelike syfer 47 miljoen.

Iemand lieg vir my!

Thursday, January 29, 2009

Tas dagga jou brein aan?


'n Tyd terug was dit groot nuus dat Koos Kombuis bedank het as Afrikaner. Willie was dankbaar om te verneem van die bedanking, want wie wil tog 'n boom rokende, twak pratende, kan nie sing, sanger, as deel van jou volk hê? Die rede vir Koos se bedanking was maar duister, maar die lig het nou aan gegaan.

Sien, Kosie het in die NG-Kerk Pretoria-Oos verklaar dat hy graag 'n Jood wou word. (Mens moet seker eers bedank by die een volk voor jy by die ander aansluit). Hy het selfs aansoek gedoen om 'n Jood te word, maar toe hy hoor hy gaan besny word, het sy moed hom begewe.

Koos hoef egter nie so ver te gaan soos besnydenis nie. Sien, daar is reeds talle volksgenote wat ook graag Jode wil wees. By volksfeeste blaas hulle op ramshorings en loop rond met vlae wat met spykerskrif bekrap is. Dit is dalk net die plek waar Koos eintlik wil wees.

Friday, January 16, 2009

Die ANC


Willie lees vandag dat vervalste matriek sertifikate vir die 2008 eksamen reeds in omloop is. Dit terwyl die ware Jakob nog nie uit is nie. Beteken dit dat swendelaars meer effektief is as die terroriste bende wat tans die onderwysdepartement en die land beheer?

Dit beteken ook dat eerlike studente nie gaan werk kry nie, omdat hulle nog nie hulle matriek sertifikate ontvang het nie, maar swendelaars wat nie geslaag het nie, gaan wel, omdat hulle, hulle eie matriek sertifikate gemaak het. .....Huh?

Is dit die beter lewe vir almal wat die ANC beloof het? 'n Beter lewe vir alle swendelaars?

Nou moet Afrikaner kinders nie net met Affirmative action meeding nie, maar sommer ook met swendelaars wat nie matriek het nie, maar wel matriek sertifikate, terwyl die Afrikaner kinders wel matriek het, maar geen sertifikaat nie. ......HUH??

Is dit nou die Suid-Afrika waarop EF'WEE de Klerk so trots en tevrede is? Ek dink in elk geval sy Ma moes hom eerder O'Wee genoem het....

Terug by die ANC. Ek hoor ook dat hulle nou die wette gaan verander sodat Stortkop Zuma nie vervolg sal word nie. Die ANC moet maar pasop waarvoor hulle wens. Stortkop lyk soos 'n mannetjie wat maklik die nuwe Mugabe kan word. As hulle nou soveel moeite doen om hom in te stem, gaan hulle nooit van hom ontslae raak nie. Siestog.

Dit is ook nie meer so lekker by die ANsee nie. Die see is nou te ontstuimig en daar is net te veel dinge waarmee hulle nie meer kan Cope nie. Nou loop hulle in hulle honderde oor na COPE. Daar is selfs 'n paar bleeksiele wat nou oorloop na COPE. Politieke diere wat nie hondhaar kon afmaak in hulle eie patetiese politieke partye nie, maar nou hulle heil wil gaan soek by die ander ANC - COPE.

Moet ook nie verbaas wees as Thabo sy M'bedtjie, M'Tafeltjie en M'stoeljie vat en ook daar by COPE gaan plak nie. Daar is reeds 'n hele paar Lazy-boys so hy behoort tuis te voel.

Ten minste laat dit alles mens lekker lag, want as Willie nou moet eerlik wees, dan moet ek erken dat swart politiek, komies is. Daarsonder sou die Nuwe Suid-Afrika met sy moord, diefstal en onregte ondraaglik gewees het.

Maar elke grappie het 'n stokkie. Dit is tyd dat hierdie grappies ook nou op stokkies geplaas word en dat ons volk, met ons eie, vrye volkslewe aangaan. Tyd dat ons 'n volksverkiesing hou, leiers verkies en in vryheid gaan lewe!

Friday, December 12, 2008

Is dit dan 'n oorwinning?

As jy aan 'n wedloop deelneem en jy is die enigste een wat deelneem, kan jy dan loop en vertel jy was eerste?

Jy kan seker, maar sodra mense agterkom jy was die enigste een in die wedloop, gaan hulle verseker dink jy is bietjie vertraag.

Die DA loop nou en vertel hoe goed het hulle gevaar in die tussenverkiesing teen die ANC. Die ANC is so treurig dat hulle vergeet het om te registreer vir die verkiesing. Het die DA dan nou werklik gewen?

Beteken dit dat die DA slegs kan wen as die ANC nie deelneem nie? Siestog.

Wednesday, December 10, 2008

Willie trek sy neus op!



Willie is nou moeg vir skewe-Beeld se skewe-berigte. So onlangs as gister weer skryf die rassis Virginia Keppler 'n skewe-berig met die titel "regse kindersoldate".

Wat 'n klomp snert! Willie weet sy is 'n affirmative action aanstelling, maar wraggies, sy kan seker eers seker maak van die feite voor sy 'n berig skryf.
'n Ander joernalis het nou wel vandag 'n meer gebalanseerde berig geplaas, maar wraggies, die skade is mos nou reeds gedoen.

Willie weet die volk is nou gatvol om verkleineer te word deur skewe-Beeld se affirmative action joernaliste. Willie weet ook Beeld se uurglas loop nou uit. Want as die volk nie meer die koerant gaan koop nie, gaan die adverteerders ook nie meer daar adverteer nie en dan sal hulle toemaak.

Siestog, ek wonder of die Sowetan vir Peet Kruger en Timmie 'n werkie sal gee?